Aardrot (astrologie)

戊子

Die Aardrot (戊子, wùzǐ) is die 25ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vyfde Hemelstam (戊, ; die element Aarde en Jang) met die eerste Aardtak (子, zǐ), gesimboliseer deur die Rot (鼠, shǔ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardrotjaar het in 2008 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 7 Februarie 2008 tot 25 Januarie 2009.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search